LettersOpinion

Stad se hoofingang is ‘n skande

’n Huurder in die K90 Sentrum skryf:

Hierdie kwessie is nou al lank ’n doring in my vlees.

Die sakke en papiere van die hawelose inwoners van die area lê die hele kruising, (Rondebult- en Noordrandweg) en die oop sypaadjie op die hoek van die bank vol.

Die hooftoegang tot Boksburg van al die omliggende areas, insluitend OR Tambo Internasionale Lughawe, is sekerlik Rondebultweg.

Dit is nie net toeriste en besoekers wat hierdie kruising, waarskynlik een van die besigste kruisings in Ekurhuleni, gebruik nie maar ook die inwoners van die area.

Die sentrum se bestuur, eienaars en die huurders van die winkels in die sentrum doen baie moeite en spandeer baie geld om ons sentrum so aantreklik moontlik vir al die besoekers te maak.

Tog is dit aanvaarbaar dat enige inwoner daar (by die kruising) kan huis opslaan.

Kan ons toelaat dat die hoofingang van Boksburg so lyk?

Ek verstaan dat die haweloses ’n blyplek moet hê, maar beslis nie ten koste van al die besighede en die reputasie van Boksburg nie.

Die gesin wat nou hulle plek op die gras op die hoek van die besige roetes ingeneem het was voorheen op die oorkantste hoek by die nabye winkelsentrum.

Die ironie is dat hulle agressief is met die publiek wat nie waag om geld te gee nie.

Dit is ’n konstante oor en weer geskel tussen hulle onderling en met die ander straatverkopers daar.

Dit is ’n situasie wat net sê “alles is okay”, almal kan net maak wat hulle wil.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button