EntertainmentLifestyle
Geniet Tydlose Tunes saam Gerhard Steyn en Jakkie Louw
Tydlose Tunes, deur Gerhard Steyn en Jakkie Louw, beloof om die gehoor te verras.

Die vertoning is spesiaal ontwikkel en geskryf deur Steyn en Louw en bied iets heel anders as wat mens normaalweg van die twee sterre sou verwag.
Word teruggevoer oor tyd heen met spesiaal verwerkte goue treffers, beide internasionaal en plaaslik, maar verwag hiermee saam tong-in-die-kies stories en vertellings soos net die twee dit kan doen.
Die 90 minute vertoning is gesinsvermaak uit die boonste rakke en is vir alle ouderdomsgroepe gepas.
Die vertoning vind op 4 Augustus by die Emperors Palace se Theatre of Marcellus plaas.



