NewsSchools

Laerskool Concordia maak bejaardes se harte bly

Die leiers van Laerskool Concordia het ’n uitreik te Huis Dien Bothma op 22 Junie gehad.

Met behulp van die skool se ruim skenkings kon hulle 170 geskenkpakkies met basiese benodighede aan elke inwoner oorhandig, asook 170 varsgebakte muffins uit Marcell Venter se kombuis.

Die leiers het ’n kort vermaakprogrammetjie aangebied.

Kyle Smith (hoofseun) het met ’n oulike grappie die oumense verras en Marli van Krieken (hoofdogter) het met skriflesing geopen. Kimé Steenkamp het ’n sangitem gelewer en die spanredenaars het ’n opvoering gehou.

Susan Greyling (links) saam met Caryn Baatjies tydens Concordia se besoek by Huis Dien Bothma.

Die kuier is met die hele groep wat Amazing Grace in Engels en Afrikaans gesing het, afgesluit.

Die leerlinge het die oggend baie geniet en die bejaardes het hulle geselskap waardeer.

Die leerlingraad het met soveel deernis besef watter nood daar in die gemeenskap is en dit was ’n waardevolle les.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button