CrimeNewsSchools

Laerskool Goudrand duld geen vandalisme

Die laaste paar weke het Laerskool Goudrand in Boksburg Noord hewig onder vandalisme deurgeloop.

“Ons het ’n vermoede wie dit is. Ons het kinders, tussen die ouderdomme van 14 en 16, oor die muur sien spring en weghardloop,” sê Steve Stephansen, voorsitter van die beheerliggaam.

“Dit is nie ons skoolkinders nie.”

Volgens Stephansen het dié beweerde kwaaddoeners die skoolgebou se ruite gedurende die skoolvakansie met klippe uitgegooi. Hulle het glo ook ’n gedeelte van die precast mure van die skool afgeskop.

Kwaaddoeners het ’n gedeelte van Laerskool Goudrand se precast mure afgeskop.

Stephansen sê dat daar dan ook ander kwaaddoeners wat die skoolheining gebreek het.

“Ons is moeg vir vandalisme by die skool,” sê Stephanus.

“Ons doen ons bes om die skoolgebou en perseel instand te hou en te beveilig, dan kom mense van buite en doen dít. Ons wil net die beste bied vir die kinders in Boksburg Noord.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button