‘n Kaleidoskoop van melodieuse musiek, uitspattige, kleurvolle kostuums, dinamiese dansers, patrone van lig en tonne talent het die aand in ‘n sprokiesfees omtower.
Die dramaklub verwerf 95 persent en 96 persent by twee kunswedstryde vir hul produksie, Dorothea en die Jimmy Choos!
Dié Wizard of Oz-parodie het die gehoor laat skater.
Unieke kostuums, ontwerp en gemaak deur Kobus Botha, was die kersie op die kultuurkoek.
Die sêrgroep se bleeksiel-brigade repertoire was uit die boonste rakke.
Anoreksia Nervosa is deur ‘n kontemporêre dansgroep uitgebeeld.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



