Local newsNews

‘n Soet boodskap vir die Saries

Die Sarie Klub het sy 46ste verjaardag in ‘glitz en glam’ onlangs gevier te Summer Place.

GP van Rheede, van Oudtshoorn, dosent aan die Noordwes Universiteit, was die gasspreker.

Saam met hom het die orkes ‘It Takes Four’ opgetree.

’n Baie spesiale program het beloof om dit ’n heel interessante en opwindende oggend te maak.

Dames van die Constantia Damesklub, in Pretoria. Voor (van links): Rosarie Saaijman en Donna Brown. Agter: Elize van Niekerk en Lilla van der Merwe.

In van Rheede se toespraak het hy genoem dat ons, metafories, suiker tot ons en ander se lewe moet voeg, en meen daar is verskeie maniere hoe ons die lewe kan opkikker.

Sy praatjie het hope vermaak verskaf en breë glimlagte op die bakkies gelaat.

In ‘glitz en glam’ is (van links) Frieda van der Merwe, Martie Chandinha, Corrie van Rensburg en Sue Harvett.

It Takes Four het die dames – en ’n paar mans – laat terugdink aan hul jonger dae met die ikoniese treffers wat hulle gespeel het.

GP van Rheede, ‘n dosent aan die Noordwes Universiteit, in aksie op die verhoog.

Soos oudergewoonte, is daar heerlik geëet en gesellig saam gekuier.

Aan die einde van die verrigtinge het kunstenaar Paul Botes een van sy skilderye aan van Rheede geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button