EntertainmentLifestyle

WEN! Moenie hierdie rock-legendes misloop nie

In April 2015 het Francois van Coke sy sololoopbaan met ’n knal afgeskop toe hy sy gelyknamige debuut-soloalbum van stapel gestuur het.

Die daaropvolgende jaar kan slegs beskryf word as ’n jaar van grenslose sukses met talle nommer een treffers, uitverkoopte vertonings, toekennings en verpletterde rekords.

’n Jaar later het Francois sy vyfde solomusiekvideo, Ek Weet Nie, met Arno Carstens daarop, vrygestel.

Arno Carstens. Foto: Justin Dingwall.

En nou, op publieke aandrang, gaan hierdie twee rock-legendes op Vrydag, 24 Februarie, hul vennootskap voortsit tydens die rock-geleentheid van die jaar in ’n spesiale konsert by Carnival City se Big Top Arena.

Van Coke en Carstens se vertoning skop af om 8nm.

* Wen kaartjies

Drie lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Francois van Coke en Arno Carstens se vertoning by Carnival City.

Om deel te neem aan die Boksburg Advertiser en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende na ischke@caxton.co.za e-pos: naam en van, area waar jy woon en vertel vir ons waarom jy moet wen.

Die kompetisie sluit om middernag op 19 Februarie en is slegs geldig vir Boksburg inwoners.

 

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button