ATKV Boksburg gaan nuwe bestuur verkies
Die ATKV Gesinstak Boksburg hou op Donderdagaand, 9 Februarie, om 7nm, sy algemene jaarvergadering in die NG Kerk Boksburg Wes se saal.

Die ingang tot veilige parkering in die kerkgronde is in Bass-straat, Boksburg-Wes.
Alle belangstellende ATKV lede en voornemende lede word genooi om die belangrike vergadering by te woon.
Tydens hierdie vergadering word die volgende besprekingspunte aangeraak:
· Daar word verslag gedoen omtrent die tak se werksaamhede oor die afgelope jaar;
· ’n Nuwe takbestuur vir die volgende twee jaar word verkies;
· Afgevaardigdes word verkies om die tak by die breë ATKV jaarvergadering, wat gedurende Mei te Buffelspoort gehou word, te verteenwoordig; en
· Besprekingspunte vir die Buffelspoort vergadering sal bespreek word.
Na afloop van die vergadering kan gesellig saam verkeer en verversings geniet word.
Vir verdere navrae, kontak vir Dawie van der Merwe by 011 826 2716 of 082 488 3791.



