NewsSchools

Puik prestasties vir jong Amanda

Amanda Dicks, woonagtig in Sunward Park, het verlede jaar haar laerskool loopbaan by Laerskool Elspark op ’n hoë noot voltooi.

Amanda het die volgende toekennings ontvang:

• Trofee vir die veelsydigste leerling.

• Die kultuurbeker.

• Trofee vir die beste meisieskut (vir boogskiet).

• Trofee vir eerste in haar klas.

• Sy kry ook erekleure vir die sesde keer in haar skoolloopbaan.

• Tweede plek vir Afrikaanse redenaars.

• Eerste plek vir openbare spreek in Engels.

• Sy was ’n leier en ’n multimedia sentrum leier.

• Sertifikaat vir goeie leesvaardigheid in Afrikaans.

• Sertifikaat vir goeie leeskuns in Engels.

• Sertifikaat vir kreatiewe skryfkuns in Afrikaans.

• Sertifikaat vir kreatiewe skryfkuns in Engels.

• Balkie vir akademie, balkie vir sport, balkie vir boogskiet, vier kultuurbalkies.

• Amanda is in die Gauteng Junior span vir boogskiet, waar sy aan die provinsiale kompetisie deelgeneem het en waar haar span, die Gauteng Sparrows, tweede plek behaal het.

• Amanda het ook aan SATCH (South African Talent Championship) deelgeneem in 2016 waar sy ’n brons, ’n silwer en ’n goue medalje verwerf het vir haar drama.

Amanda het vanjaar haar hoërskool loopbaan by Hoërskool Oosterlig begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button