NewsSchools

Jansen stel nuwe adjunkhoof aan

Craig Smith is aangestel as die nuwe adjunkhoof van die Hoërskool Dr EG Jansen.

Smith is al vir 33 jaar deel van die skool en dit is ook hiér waar hy sy hoërskool loopbaan voltooi het.

Hy was al by elke moontlike aktiwiteit wat die skool aanbied betrokke.

Smith se doelwitte as adjunkhoof is “om in stand te hou wat [sy] voorgangers in plek gesit het en om nuwe uitdagings trompop aan te spreek”.

Wat is jou wense vir die skool hierdie jaar?

“Dat ons die goeie naam van ons skool sal handhaaf, uitdagings suksesvol sal aanpak en energieke, gelukkige jongmense die gemeenskap sal instuur,” het hy geantwoord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button