Local newsNews

Sarie Klub eindig op ’n hoë musikale noot (Video)

Gottfried Schielle het die gaste by vandeesmaand se Sarie Klub geleentheid betower met sy pragtige handklokkespel van klassieke- en spirituele stukke, sowel as Kersliedere.

Die klub se laaste funksie vir die jaar het letterlik op ’n hoë noot geeïndig op 22 November, te Summer Place.

Gottfried speel handklokke sedert middel 1995.

Gedurende sy tyd by Trans World Radio in die vroeë 90’s, het hy bekend geraak met handklokke.

“Musiek is baie belangrik vir my, aangesien dit een van my hoof maniere is om my geloof te kommunikeer en uiting te gee aan my gevoelens,” het Gottfried gesê.

“Vandag gebruik ek handklokke om hierdie spesiale klanke in die vorm van aanbidding en lofprysing aan persone rondom Suider-Afrika te bring.”

Sy stel bestaan uit 37 klokke waarvan hy 29 op ’n gereelde basis gebruik vir solo optredes.

Gottfried speel ook ander instrumente, maar klokke is sy hoof instrument.

Soos gewoonlik was dit ’n gesellige aand. Dameslede het hul mans en vriendinne saamgenooi om Gottfried se klokkespel eerstehands te aanskou.

Video:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button