EntertainmentLifestyle

Vyf My Father’s War DVDs op die spel

Bekroonde akteur, skrywer, vervaardiger en filmmaker, Craig Gardner, se treffende debuut-speelfilm, My Father’s War, het kykers se harte uit die staanspoor verower.

Dié rolprent is nou op DVD en DStv BoxOffice beskikbaar en is ’n móét vir enige Suid-Afrikaanse fliekversameling!

Hierdie unieke, tweetalige (Afrikaanse/Engelse) drama fokus op die gebroke verhouding tussen ’n pa en sy rebelse tienerseun.

Die verhaal speel in 2003 af en die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt), baklei aanhoudend met sy pa, Dawid (Stian Bam), ’n veteraan van die Grensoorlog.

Dap kry ’n reeks drome waarin hy ’n vegsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s is.

Daar ontmoet hy sy pa (toe hy so oud was soos hy) en beleef hy eerstehands waardeur soldate in daardie tyd – en dus ook sy eie pa – moes worstel.

Hierdie drome verander Dap se persepsie, hart en lewe onherroeplik, met verreikende gevolge vir hom en sy pa.

Ander akteurs wat ook in die fliek te sien is, is Erica Wessels, Neels Clasen, Hannes Muller, Meren Reddy, Fumini Shulubana, Jai’prakesh Shewram, David Rees en die opkomende kinderster, Vian Singleton.

Kompetisie:

Vyf gelukkige lesers staan die kans om elk ’n DVD van My Father’s War te wen.

Om in te skryf, stuur jou antwoord op die volgende vraag aan ischke@caxton.co.za: Wie speel die 19-jarige Dap Smit in My Father’s War?

Onthou om jou naam en van, kontaknommer en die area waar jy woon in te sluit.

Die kompetisie is nou oop en sluit op 27 November.

Slegs Boksburg inwoners kan in aanmerking kom vir die prys.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button