Local newsNews

Kerk hou diens om dankbaarheid teenoor dié in uniform te toon

Die VEK (Volle Evangelie Kerk) Kruisgenerasie, Boksburg-Noord, nooi alle uniformdraende personeel, in enige hoedanigheid, van enige organisasie of departement, en rolspelers in die gemeenskap uit na 'n spesiale erediens op Sondagoggend, 13 November, om 9vm.

Die diens sal waargeneem word deur kol (padre) Addie Burt, van die SANDF, en kol (pastoor) Christo Maree, van die SAPD.

“Graag rig ons as gemeente ‘n uitnodiging aan al ons uniformdraende personeel om ons opregte dankbaarheid teenoor hulle te betoon vir hul harde werk en die onbaatsugtige diens wat hulle daagliks aan ons gemeenskap lewer,” het pastoor Ben van Staden gesê.

“Ons nader die einde van 2016 – ‘n tyd van die jaar wat gekenmerk word deur feesvieringe en onverantwoordelike optrede. “Dit, opsigself, lei weer na ‘n enorme toename in selfmoord, motorongelukke, kapings, roof en diefstal.

”Kom trek saam met ons die ‘Wapenrusting van God’ aan, terwyl ons geestelik voorberei word vir hierdie uitdagende tyd wat voorlê.”

Die gemeente hoop om verteenwoordigers van elke organisasie in uniform daar te sien.

Ná afloop van die diens sal koffie en versnapperings saam geniet word.

“Ons, as gemeente, wil julle graag ontmoet en van nader leer ken,” het Van Staden gesê. Wéét dat ons namens die gemeenskap vir u wil dankie sê en wéét dat ons daagliks vir elke persoon in uniform bid.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button