Local newsNews

Skystraat inwoners ontvang wéér uitesettingsbevel

Inwoners van Skystraat, in Cason, is in rep-en-roer nadat hulle op 19 Oktober uitsettingsbevele vanaf die Ekurhuleni Metroraad ontvang het.

Dít, in net meer as ’n jaar sedert hulle die vorige uitsettingsbevel in 2015 ontvang het.

Dié inwoners gaan die hophuise waarin hulle tans woon moontlik moet ontruim, omdat hulle nie die heffings op die eiendomme betaal nie.

Inwoners van ongeveer 13 hophuise in hierdie straat het briewe van die raad ontvang waarin daar gestipuleer word dat hulle alle agterstallige skuld binne die volgende 14 dae (vanaf datum uitgereik) moet vereffen, óf ander reëlings rondom blyplek moet tref.

Volgens een van die inwoners wat ’n brief ontvang het, het sy twee gestremde kinders en nêrens om te gaan nie.

“Ek wil graag weet wat van die prokureur geword het wat belowe het om ons te help,” het die klaer gesê.

Volgens Marie Russell, bestuurder van die Samaritaan Huis, in Skystraat, hét dieselfde prokureur die inwoners verlede jaar gehelp en teen die uitsettingsbevel te beskerm.

Sy het aan die Advertiser gesê dat een van die Samaritaan Huis donateurs destyds ongeveer R20 000 aan die prokureur betaal het om die uitsettingsbevel teen die inwoners betrokke stop te sit.

“Die prokureur het die inwoners ingeroep en aan hulle verduidelik dat alles gedoen is wat kon gedoen word om hulle te help,” het Russell gesê.

“Hy het aan hulle die belangrikheid daarvan om hul rekeninge te betaal, verduidelik.”

“Die raad het al twee keer hul skuld afegeskryf; dit is onregverdig teenoor die inwoners wat betaal om in daardie huise te woon.”

Russell moedig die inwoners aan om hul rekeninge maandeliks te betaal, al is dit net ’n klein bedrag wat toon dat hulle ten minste ’n poging daartoe aanwend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button