Bernice het drie trofeë ontvang in die kategorieë (graad agt tot 12): Ligte Vokaal, Poësie en Drama.
Sy is ook aangewys as fasewenner (graad agt tot nege) en het met 14 medaljes weggestap.

Charleen blink ook uit as fasewenner (Graad agt tot nege) en het drie medaljes ontvang.
Die Heidelberg Eisteddfod is ’n Kunstefees van enorme statuur en volume en word ondersteun deur skole en instansies in die hele Oos- en Suid-Gauteng.
Vir ’n leerder om hier ’n fasewenner (bv graad agt tot nege en graad 10 tot 12) en trofeewenner (algeheel beste presteerder graad agt tot 12) te wees, is ‘n geweldige prestasie.
Die Hoërskool Dr EG Jansen het in 17 fases en 30 items geseëvier. Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n skool.



