NewsSchool sportSchoolsSport

Oosterlig se ruiters van die windjie

Hoërskool Oosterlig Ruiterkuns het aan Sanesa (South African National Equestrian Schools Association) se Ekurhuleni-kompetisie deelgeneem, in die kategorie H (twee tot vier perd- /ruiterkombinasie).

Die Oosterligspan bestaan uit Krystal-Lee Lange, Bianca Sutherland en Monique Roodt.

In hierdie kategorie het die span ‘n vierde plek in Ekurhuleni verwerf.

Lange is as die topruiter van die skool aangewys en het ’n Dedicavat- toekenning (toegeken aan ruiters wat vier klasse in al vier kwalifiserende rondtes voltooi het) ontvang.

Krystal-Lee Lange is verkies tot die Gauteng A-skouspringspan.
Krystal-Lee Lange is verkies tot die Gauteng A-skouspringspan.

Beide Lange en Sutherland was verkies om Ekurhuleni te verteenwoordig by die Gauteng finaal, wat vanaf 6 tot 9 Augustus gehou is.

Na afloop hiervan is Sutherland vir die Gauteng-B skouspringspan en Lange vir die Gauteng A-skouspringspan verkies.

Beide ruiters sal op 7 en 8 Oktober vir Gauteng op die nasionale skou verteenwoordig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button