NewsSchools

Oosies verower medaljes in jukskei

Hoërskool Oosterlig het in 2016 ses spanne vir die Jukskeiliga ingeskryf.

Die skool is baie trots op vier van die ses spanne, wat medaljes verower het.

Daar is vier uitblinkers gedurende die toernooi aangewys, naamlik Mindi Bouwer, Bianca Mooi, Johan Botha en Werner Engelbrecht. Hulle het goue medaljes ontvang.

Jukskei uitblinkers: Mindi Bouwer (links), Bianca Mooi, Johan Botha en Werner Engelbrecht.
Jukskei uitblinkers: Mindi Bouwer (links), Bianca Mooi, Johan Botha en Werner Engelbrecht.

Die o-19A seunsspan is liga- en trofeewenners.

Die o-19A meisiesspan is liga- en trofeewenners.

Die gemengdespan is naaswenners en verwerf silwer medaljes.

Jukskei trofeewenners, o-19A meisies: Demie Bouwer (links), Andelei Botha, Bianca Mooi en Mindi Bouwer.
Jukskei trofeewenners, o-19A meisies: Demie Bouwer (links), Andelei Botha, Bianca Mooi en Mindi Bouwer.

Die o-19B seunsspan verwerf brons medaljes.

Die o-19A seuns- en meisiesspanne neem op Saterdag, 10 September, deel aan die Noordelike Unies Skole Toernooi, in Pretoria.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button