Benewens die feit dat Casey nie in die Grieks Romeinse styl spesialiseer nie, het hy ’n brons medalje verower.
Hy het ook ’n goue medalje verwerf in die Vrystyl kategorie.
Die Suid-Afrikaanse Kadettespan het op 11 Julie na Algerië vertrek om Suid-Afrika by die Afrika Kontinentale Kampioenskappe te verteenwoordig.
Tien Afrika lande en 180 stoeiers van Afrika het aan dié kampioenskappe deelgeneem.
Casey het in die Vrystyl kategorie ‘n silwer medalje by dié kampioenskappe losgeslaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



