Jansen val vas teen Garsies in Beeldtrofee-eindstryd
Die Hoërskool Dr EG Jansen se eerste rugbyspan het dié naweek weggestap as die naaswenners van die Virseker Beeldtrofee vir Makroskole.

Dr EG Jansen het op Saterdag, 27 Augustus, in ’n naelbyt Beeldtrofee-eindstryd 28-32 teen Hoërskool Garsfontein verloor.
Dié kragmeting het in Pretoria op die Garsies se tuisveld, BerePark, plaasgevind.
Die Beeldtrofee bly vir die tweede agtereenvolgende jaar in Garsfontein se trofeekas.
Ten spyte van die nederlaag het Jansen goeie spel gelewer.
Vier drieë is gedruk deur Dylan Engelbrecht, Ginter Smuts (twee) en Werner Fourie.
Gedurende die Beeldtrofee-kompetisie het EG Jansen ’n totaal van 133 punte aangeteken en 21 drieë gedruk.
Die punte teen dié skool aangeteken is 91 en 12 drieë is teen hulle gedruk.
Die Jansies se o-16 A-span het 51-28 teen Hoërskool Menlopark verloor.



