Laerskool landloop skop af
Die landloop seisoen vir laerskole het Dinsdag, 2 Augustus, te Boksburg-stadion afgeskop.
Die Laerskool Westwood het die geleentheid aangebied en al die laerskole in Boksburg het daaraan deelgeneem.
Daar was 10 items waaraan die atlete deelgeneem het, vanaf o-9 meisies en seuns tot en met o-13 meisies en seuns.
Die o-9’s en o-10’s hardloop 2km, en die onder 11s tot en met die onder 13 meisies hardloop drie kilometer.
Slegs die o-13 seuns hardloop vier kilometer.

Daar sal drie byeenkomste plaasvind, waar die eerste 20 leerlinge in elke ouderdomsgroep kwalifiseer vir die Boksburg-kampioenskappe. Dit vind op 17 Augustus, by die Bokburg-stadion plaas.
Die eerste 10 leerlinge in elke graad kwalifiseer dan vir die D6-byeenkoms, wat op 26 Augustus, ook te die Boksburg-stadion plaasvind.
By D6 sal die eerste ses leerlinge kwalifiseer vir die Gauteng, wat ook hierdie jaar in Boksburg aangebied word.



