* Inge Vosloo: Graad 10, meisies o-17.
* Sharne van Wyk, Graad 11, meisies o-17.
* Michael Marasas, Graad 11, seuns o-17.
Bogenoemde spelers is betrokke by Elsburg Ringbalklub.
Tydens plaaslike proewe is hulle eers onderskeidelik gekies vir die Ekurhuleni-Noordspanne. Vandaar is hulle verder opgeneem in die Gautengspanne wat op 18 Junie aan die provinsiale kampioenskappe deelgeneem het.
Hier het hulle meegeding teen die ander provinsies en is daar ’n SA-span gekies wat in Augustus na Mauritius toer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



