Local newsNews

Barbies4Beauties bring ’n dag vol vreugde, trane vir haasbekkies

Barbies4Beauties het gesorg vir ’n dag vol glimlagte, trane en haasbekkies, toe ongeveer 90 kinders van die Samaritaan Huis, Comet, ’n nuwe speelding op Saterdag, 4 Junie, ontvang het.

Daar was ook drie ”lewende” Barbie poppe, geklee in prinses rokke – deur Kobus Botha Designs – asook hul pop dobbelgangers (ook gemaak deur Kobus Botha Designs).

Die vroue het gehelp met die uitdeel van speelgoed en gedien as ’n positiewe rolmodel vir die kinders.

Elke kind het die geleentheid gekry om sy of haar eie pakkie te kies.

Sommige pakkies het meer as een item bevat en bykans 300 items is op dié dag uitgegee.

Vir die Mej Barbie Suid-Afrika kompetisie het Botha besluit om ’n skepping van een van sy eie ontwerpe te maak.
Vir die Mej Barbie Suid-Afrika kompetisie het Botha besluit om ’n skepping van een van sy eie ontwerpe te maak.

Dit is die tweede keer dat Barbies4Beauties speelgoed by die Samaritaan Huis uitdeel.

“Daar sal beslis nog [’n geleentheid] wees,” het Botha, stigter van Barbies4Beauties, gesê.

“Ons het tans ’n groot waglys vir kinders in hierdie area.”

Botha is in Desember 2015 aangewys as die eerste wenner van Mej Barbie Suid-Afrika – ’n ontwerp kompetisie vir kleremakers/ontwerpers en popversamelaars.

Mej Barbie Suid-Afrika is deur Allison Stadler en haar span van stapel gestuur.

Elke kompetisie het sy eie tema en die eerste kompetisie se tema was om ’n couture skepping te maak, deur ’n ontwerpersrok as inspirasie te gebruik.

Kobus Botha se wen pop, MiQuette, bestaan uit verskillende poppe wat uit mekaar gehaal en saam gesit is, om die perfekte pop te maak. Botha maak self al die miniatuur klere, meubels en items vir die poppe.
Kobus Botha se wen pop, MiQuette, bestaan uit verskillende poppe wat uit mekaar gehaal en saam gesit is, om die perfekte pop te maak. Botha maak self al die miniatuur klere, meubels en items vir die poppe.

Botha het besluit om ’n skepping van een van sy eie ontwerpe te doen.

Sy pop, MiQuette, wat uit verskillende poppe bestaan wat uit mekaar gehaal en saam gesit is om die perfekte pop te maak, is as die eerste Mej Barbie Suid-Afrika gekroon.

Botha het egter besluit om iets met die titel te doen en deur sy ontwerp studio, Kobus Botha Designs, het hy die projek Barbies4Beauties begin.

Hy samel dus ou speelgoed in, maak dit reg en skoon (byvoorbeeld alle poppe kry nuwe klere) en verpak dit in nuwe materiaalsakkies om dit aan kinders in nood te gee.

Kobus Botha, saam sy ''lewende'' Barbie poppe, wie elkeen in ’n Kobus Botha Design uitrusting spog. Langs Botha is Gwyneth Greyling, Alicia Badenhorst en Allison Lock.
Kobus Botha, saam sy ”lewende” Barbie poppe, wie elkeen in ’n Kobus Botha Design uitrusting spog. Langs Botha is Gwyneth Greyling, Alicia Badenhorst en Allison Lock.

Botha maak self al die miniatuur klere, meubels en items vir die poppe.

Hy is ook tans besig om al sy ontwerpe in miniatuurdrag te omskep.

“Dit is ongelooflik baie werk, maar ek weet kinderharte word geraak,” het Botha gesê.

“Projekte soos dié is niks nuut nie, maar ’n projek waar ’n speelding uitgegee word is iets besonders. Welsynswerk is iets wat ná aan my hart lé.”

Barbies4Beaties word deur die huidige wen pop, MiQuette, behartig.

MiQuette het ’n aanlyn persoonlikheid en is in beheer van liefdadigheid. Sy het haar eie persoonlike Facebook blad: MiQuette Barbie South Africa.

Daar is al verskeie items vir liefdadigheid uitgedeel.

MiQuette het ook al water ingesamel en is ’n ondersteuner van die Hoërskool Oosterlig Dramaklub.

Sonder nuwe skenkings is Barbies4Beauties egter nie moontlik nie.

Indien ”opgeliefde” speelgoed in jou huis stof opgaar, vra Botha dat jy dit aseblief aan dié projek sal skenk.

“Ons kan dalk nie armoede verlig nie, maar deur hierdie projek kan ons aan kinders die geleentheid gee om na hul verbeeldingswêreld te ontsnap en te vergeet van die harde realiteit wat hul van kindwees beroof,” het hy gesê.

Volg Mej Barbie Suid-Afrika op Facebook by Mej Barbie Suid-Afrika.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Botha, by jn.botha@gmail.com.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button