Editor's choiceLocal newsNews

Sarie Klub nog vuur-en-vlam ná 45 jaar

Na 45 jaar staan die Sarie Klub en sy tradisies nog sterk.

Hierdie damesklub het op Saterdag, 21 Mei, sy 45ste bestaansjaar, te Summer Place, gevier. Vanjaar se tema was Pêrels ’n Pienk en die gaste het behoorlik uitgehaal en gewys.

Met pêrels om die nek, het vroue het opgedaag in pienk skoene, hoede en serpe.

Bekende Boksburg kunstenaar en digter Barry de Villiers het spoggerig gelyk in sy swart das met pêrels daarop, wat hy 40 jaar gelede by ’n vriend in Palermo, Sicily, ontvang het.

Dit was glo die eerste keer wat hy hierdie das na ’n geleentheid aangehad het.

Gaskunstenaars Phillip van Achterberg en Ingrid van Zweel.
Gaskunstenaars Phillip van Achterberg en Ingrid van Zweel.ries

Gasspreker ds Daniel de Kock het die oggend opgehelder met sy vrolike praatjie.

Hy het wenke gegee oor hoe om gelukkig te wees en vertel dat jy alle negatiwiteit uit jou lewe moet sny en positiwiteit na jou toe moet aantrek.

Phillip van Achterberg en Ingrid van Zweel het gaste betower met hul engelstemme.

Ander Gautengse damesklubs het ook die oggend saam geniet.

Rosarie Saaijman, van Constantia Damesklub, Pretoria, het ’n heildronk op die Sarie Klub ingestel en daar is verder lekker gekuier en heerlik geëet.

Dames van die Red Hat Society.
Dames van die Red Hat Society.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button