Die liga wedstryde het ná die vakansie, op 11 April, begin.
Netbal wedstryde vind plaas gedurende die tweede kwartaal van die skooljaar en Laerskool Concordia sal hulle laaste wedstryd voor 16 Junie speel.
Concordia se netbal is deel van die Gauteng Super 12 liga wat bestaan uit Laerskool Randhart, Laerskool Edleen, Laerskool Kruinsig, Laerskool Orion, Laerskool Impala, Laerskool President Steyn en Laerskool van Riebeeckpark.
Laerskool Concordia se netbal het op 11 Mei teen Laerskool Orion, op Orion se bane, gespeel.
Orion se o-13 netbal oopspan het Concordia met een punt, 24-23, geklop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



