Nicole Meyer, ’n graad ses leerling aan Laerskool Concordia, en Theodore Smith, ’n graad vier leerling aan Leeuwenhof Akademie, tydens die redenaarskompetisie.
Die doel van die kompetisie is om Afrikaans onder die jeug te bevorder sodat dit leerders sal bemagtig om in Afrikaans ’n leidende rol te speel.
Sestig laerskole se leerlinge het deelgeneem aan die kompetisie.
Hierdie jaar se temas het gehandel oor idiome en Praat die Toekoms in.
“Dit was ’n baie lekker ervaring en ek het baie geleer, veral die onvoorbereide toespraak was interessant,” het Nicole Meyer, van Laerskool Concordia gesê.
“Die beoordelaars gee vir ons ’n tema en ons moet dan op ons eie ’n onvoorbereide toespraak uitwerk. Die voorbereidingstyd is ’n uur lank en die tema was ‘hoekom moet mense gaan fliek?'”
Ander raakpraters by die redenaarskompetisie was Laerskool Concordia se eie graad vyf leerling, Aldoné Kok en Laerskool Rynfield se graad sewe leerling, Juan Haasbroek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.