Local newsNews

Help 16-jarige met #HelpDieDiere projek

Vanaf ’n jong ouderdom het Tenika Kriel (16), van die Hoërskool Dr EG Jansen, reeds ’n omgee-hart.

Verlede jaar het sy haar eerste gemeenskapsprojek van stapel gestuur en besluit om vanjaar weer die bal aan die rol te sit.

Tenika gee nie net om vir diere nie, maar was vanjaar ook betrokke by die Oos-Rand Staan Saam Waterprojek.

Sy is tans in die proses om benodighede vir Pet Rescue en omliggende DBVs in te samel, vir haar #HelpDieDiere projek.

In 2015 het sy ongeveer 80kg blikkies kos en hondekoekies ingesamel – vanjaar is sy van plan om groot te gaan.

Volgens Tenika se ma, Annett Kriel, is dit haar “skuld” dat Tenika aanvanklik hierdie projek begin het.

“Ek behoort aan ’n groep op Facebook vir mense wat van diere hou, en daar is altyd woewe wat ‘n huis soek,” het Kriel gesê.

“Ek pik maar altyd ’n traan of twee, toe vra sy [Tenika] my eendag waarom ek huil. Ek vertel haar toe van al die honde in nood.”

Dit is toe dat Tenika vra wat sy kan doen om te help.

“Ek wys haar toe toevallig Pet Rescue se Facebook blad en sy sê toe: ‘Vir hulle wil ek help Mamma, wat kan ek doen?’,” het Kriel gesê.

Só het sy begin vra vir donasies of sakke hondekos by familielede.

Hierdie keer het Tenika begin met die insameling van matte en komberse vir die honde om op te slaap.

Sy het al ’n aantal matte bymekaar gemaak en haar ma hekel met afval wol “laat die biesies bewe”.

Indien enigiemand of maatskappye vir Tenika met haar projek wil help, vra sy vir die volgende:

* Matte vir honde hokke (oud of nuut, en geen mat is te klein of te groot);

* hondekos (pille, blikkies, honde lekkernye- en koekies);

* komberse (of stukke materiaal/lakens wat gebruik kan word om komberse te maak);

* afvalwol om komberse te hekel en

* bakke en speelgoed vir honde.

Aflewering aan die instansies sal einde April geskied.

Om betrokke te raak, of vir enige navrae, kontak vir Annett by 084 705 5555.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button