NewsSchool sportSchoolsSport

Corries gimnaste ingesluit by wêreld-span

Twee Laerskool Concordia leerlinge is ingesluit by die span wat Suid-Afrika by die Akrobatiese Gimnastiek Wêreldkampioenskappe en Wêreld Groep-kompetisie in Putian, China, in Maart gaan verteenwoordig.

Caitlin Weber, Graad Vyf, en Kay-Lee Van Eeden, Graad Sewe, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die gesogte Wêreld Groep-kompetisie.

Die Suid-Afrikaanse-span is gekies na afloop van die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe, in Pretoria, verlede jaar.

Concordia se hoofafrigter, Chris Botha, sal die twee Corries na China vergesel, en hy is ook die nasionale-span se afrigter.

Die wêreldkampioenskappe en groepkompetisie is die hoogste vlak in akrobatiese gimnastiek wat die kinders kan bereik en net die heel beste gimnaste van regoor die wêreld neem aan die kompetisies deel.

Die 2016-wêreldkampioenskap is dan ook die kwalifiserende kompetisie vir die 2017 Wêreldbeker-Spele, die Olimpiese Spele ekwivalent vir nie-Olimpiese gebeure, in Wroclaw, Pole.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button