Local newsNews
ATKV hou algemene jaarvergadering
Die ATKV Gesinstak Boksburg hou om 7nm op Dinsdag, 2 Februarie, sy algemene jaarvergadering in die NG Kerk Boksburg-Wes se saal.

Die ingang tot veilige parkering in die kerkgronde is in Bass-straat, Boksburg-Wes.
Alle belangstellende ATKV lede en voornemende lede word genooi om die belangrike vergadering by te woon.
Na afloop van die vergadering kan gesellig saam verkeer en verversings geniet word.
Vir verdere navrae, kontak vir Dawie van der Merwe by 011 826 2716 of 082 488 3791.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



