Die klas van 2014 het 177 onderskeidings behaal.
Die skool het weer ’n 99 persent slaagsyfer verwerf met 248 matrikulante wat die nasionale matriekeksamen afgelê het.
Die toppresteerders is:
* Juandre van den Berg het sewe onderskeidings ontvang vir Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en besigheidstudies.
* Conrad Smit het sewe onderskeidings ontvang vir Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde.
* Michelle Weldhagen het sewe onderskeidings ontvang vir Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde.
*Carina Janse van Rensburg het ses onderskeidings ontvang vir Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en rekeningkunde.
*Clarissa van Heerden het vyf onderskeidings ontvang vir Engels, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe en rekeningkunde.
* Dewald Vermeulen het vyf onderskeidings ontvang vir Afrikaans, wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering, rekeningkunde en dramatiese kunste.
* Franzell Koch het vier onderskeidings ontvang vir Afrikaans, Engels, lewensoriëntering en gasvryheid.
* Charleen Meyer het vier onderskeidings ontvang vir Afrikaans, lewensoriëntering, rekeningkunde en rekenaar toepassingstegnologie.
* Danielle Venter het vier onderskeidings ontvang vir Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde en rekenaar toepassingstegnologie.
“Ons is baie trots op die klas van 2015,” het die skoolhoof, Leon de Beer, gesê.














