NewsSchools

Baanbreker Voories vier 35 jaar se bestaan

Baanbreker Voortrekkers het Saterdag, 24 Oktober, hul 35ste verjaarsdag gevier met ’n pretdag vir die jongklomp en die jonk van hart.

In pure Afrikanerstyl is ’n potjiekoskompetisie met alles van hoender- tot frikkadelpotte gehou.

Die kinders was boemelaars vir die dag en moes hul eie skuilings bou en bedelbordjies maak en die dogters het die seuns behoorlik op hul neus laat kyk!

Op die klanke van Afrikaners is plesierig, Hoe ry die trein en Aanstap Rooies, het groot en klein Ossewa Disko gehou.

Hier het die Inspan Volkspelelaer, onder leiding van Ria Kasselman, die Voortrekkertjies die fynere kunsies van huppel, tiekiedraai en swaai geleer.

Baanbreker Voortrekkers het in 35 jaar honderde seuns en dogters geleer wat dit beteken om ’n Afrikaner, Christen en positiewe burger in Suid-Afrika te wees.

Vir enige navrae rondom die Voortrekkers kontak Hennie Venter by 011 896 1559.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button