Hoërskool Oosterlig het drie tennisspanne wat hul ligas in die Ekurhuleni Distrik gewen het, naamlik die eerste seuns-, die eerste dogters-, asook die tweede seunsspan.
Die eerste seuns tennisspan is as die Oos-Gauteng kampioene aangewys.
Dit strek vanaf Heidelberg en Springs, tot by Alberton en Kemptonpark.
Oosterlig tennis het ook vyfde gekom uit die 16 skole in die Puk-reeks.
Ekurhuleni hoërskole het hul gholfproewe by die ERPM-gholfklub op Maandag, 3 Augustus, gehou. In die meisies-afdeling het Cheri-Lee Knoetze (regs) uitstekend presteer deur nie net die kompetisie te wen nie, maar ook om gekies te word vir die Ekurhuleni se hoërskolespan. In die foto wens skoolhoof, Pieda van Vreden, haar geluk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.