Local newsNewsSchools
DBV blaf van blydskap
Die Laerskool Concordia het dit goed gedink om ’n groot verskil aan die Boksburg DBV te maak.
’n Projek is gedurende Junie deur die leiers van stapel gestuur, waar die Corries honde- en katkos, sowel as komberse, ingesamel het.
Op 23 Junie het die groot dag aangebreek waartydens die leiers met ’n besoek aan die Boksburg DBV die ingesamelde goedere oorhandig het.
Volgens een van die leerders, Mia Louw, het die besoek haar laat besef hoe belangrik dit is om na jou troeteldiere om te sien.
Dit was beslis ’n wonderlike ervaring en Concordia hoop om in die toekoms weer so ’n besoek te reël.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



