NewsSchool sportSchoolsSport

Beeldtrofee: Drie spanne van Jansies in halffinale

Vir die derde agtereenvolgende seisoen het drie van Hoërskool Dr EG Jansen se rugbyspanne deurgedring na die halffinaal van die Beeldtrofee.

Jansen is ook die enigste skool in die Valke-streek wat met hierdie trotse rekord kan spog.

Die o-14A span het Hoërskool Garsfontein op hul eie veld verslaan met 18-7, terwyl die o-16A span in hul wedstryd teen Hoërskool Menlopark gewys het, dat hul vanjaar moeilik geklop gaan word. Dié o-16A span het met die louere van Menlo se velde afgestap na ’n oorwinning van 35-22.

Sonder kaptein en slot Hendrè Stassen en haker Nico Peyper, wie beide tans diens doen vir die SA Skole-spanne in die Kaap, het Jansen geweet dat hul eerste span se wedstryd teen Hoërskool Waterkloof ’n klipharde stryd in Pretoria sou wees.

Waterkloof het vroeg in die wedstryd 12-0 voorgeloop en gespeel met ’n sterk wind van agter.

Die tempo in die eerste 20 minute was geweldig vinnig en die groot vraag was of albei spanne hierdie tempo vir 70 minute sou kon volhou.

Met halftyd was Klofies se voorsprong slegs 15-14 en het Jansen ondersteuners naels laat kou. In die tweede helfte het Hoërskool Dr EG Jansen egter na ’n hoër rat oorgeskakel en gewys hoekom hulle as een van die gunstelinge beskou word om vanjaar se Beeldtrofee omhoog te hou.

Die finale telling was 26-22 in Jansen se guns. Jansen se twee afrigters, Anton Lubbe en Reghardt Botha, het die seuns na die wedstryd geloof vir hul karakter tydens die wedstryd.

Die eerste span speel op hul tuisveld volgende Dinsdag, 18 Augustus, teen HTS Middelburg in die Beeldtrofee halffinaal. In die ander halffinale, op Saterdag, 15 Augustus, speel beide die o-14A en o-16A spanne weg-wedstryde teen onderskeidelik Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Garsfontein. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button