LettersOpinion

Kyk net hoe het ons stad verval

Paul Nel van Boksburg skryf:

Nog nooit, in die geskiedenis van Boksburg, het ons dorp meer haglik vertoon en in so ‘n staat van verval verkeer soos tans.

Ons paaie het lewensgevaarlik onbegaanbaar geraak, vanwee vele slaggate, en van die paaie moet na regte gesluit word vir verkeer.

Water en riool vloei onbelemmerd die strate af en geen poging word aangewend om die lekke reg te maak nie, al word die lekke aangemeld.

Die vullisverwyderingsdiens is gebrekkig en vullis hoop oral op. Die vuil toestand word vererger deur rommelstrooing en onwettige storting.

Dit dien geen doel om die betrokke raadslid, of die metro, tot verantwoording te roep nie, want mens word eenvoudig geignoreer.

Ons dorp se infrastruktuur raak vervalle en dienslewering is gebrekkig, tog word daar van die betalende belastingbetaler verwag om 10 persent per maand meer te betaal vir die swak diens.

Ek wil graag my mede belastingbetalers ernstig versoek om hul steun aan die opposisie tydens volgende jaar se plaaslike verkiesings te weerhou.

Wat ons nodig het is robuuste, dinamiese raadslede wat kan toesien dat dit wat ons oor jare opgebou het, van verval gered word. Toe te sien dat ons die uitmuntende diens kry waaraan ons gewoond was en verdien.

Dit is duidelik dat die huidige DA- raadslede, of nie opgewasse vir hul taak is, of ‘n klomp regering- napraters geword het.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button