Musiekskool se leerlinge presteer tydens SA kampioenskappe
’n Groep, bestaande uit 10 leerlinge van die Renette Malherbe Musiekskool, in Boksburg, het onlangs 119 medaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste, in Rustenburg, ingepalm.
Hulle het met 37 goud, 52 silwer en 40 brons medaljes weggestap..
Die groep het deelgeneem in die vokale afdeling oor verskeie genres en ouderdomme in solo’s, duette, asook in groepverband.
Agt uit die 10 deelnemers van die plaaslike musiekskool het ook uitnodigings ontvang om die Suid-Afrikaanse span tydens die Wêreld Kampioenskappe te Los Angeles in Amerika in Julie te verteenwoording.
“Ek is ongelooflik trots op my leerlinge en dit wys net weer dat toewyding en harde werk, saam met positiewe gesindheid, altyd ’n goeie resultaat oplewer,” het Renette Malherbe gesê.
“Ek sien groot dinge vir hierdie groepie leerlinge in die toekoms.” – @IschkeBoksburg
Lees ook:
Songs from the movies provide for great entertainment at Barnyard



