NewsSchool sportSchoolsSport

Twee Oosies verwerf SA kleure in Judo

Gedurende die April-vakansie het twee Hoërskool Oosterlig leerlinge aan ’n judo-kompetisie en opleidingskamp in Skotland deelgeneem.

Kayla Kruger (graad agt) en Shandra Roodt (graad nege), is in Februarie vir die Suid-Arikaanse Judospan gekies, om in April aan die Sportif Internasionale Judo-kompetisie en kamp deel te neem.

Hulle het Saterdag, 4 April, in Edinburgh, Skotland, aan die internasionale kompetisie deelgeneem, waar deelnemers van verskeie Europese lande, sowel as van Noord-Amerika, teenwoordig was.

’n Opleidingskamp is gehou, waar judokas vir drie dae deur Olimpiese medalje-wenners opgelei is.

Die twee judokas gaan ook, in Junie, in Leipzig, Duitsland, saam met ’n span van Gauteng Judo, aan ‘n kompetisie deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button