Local newsNews

Help om NG Kerk Sunwardpark se koskas aan te vul

Die NG Kerk Sunwardpark bedien ongeveer 40 000 etes per maand aan die gemeenskap, hoofsaaklik kinders, vanuit sy voedingskema.

Die kerk deel ook kospakkies aan die minderbevoorregtes uit.

“As ’n gemeenskapskerk wil ons graag ’n verskil in die gemeenskap maak, binne en buite ons mure,” het die leraar, Bernard Coetzee, gesê.

Die kerk ervaar ‘n groot nood in the gemeenskap.

“Toenemend klop mense by ons aan vir hulp en ons wil graag help sover ons kan; die nood ontstaan as gevolg van werkloosheid en verswakkende omstandighede,” het Coetzee verduidelik.

Die gemeenskap kan kos of finansiële bydraes tot die voedingskema en tot die kospakkies lewer.

Noodsaaklike items vir kospakkies sluit in mieliemeel, hawermout, vis, jellie, rys, melkpoeier, gemengde groente, tandepasta, pasta, tee, koffie, tandeborsels, suiker, mielies, toiletpapier, ertjies/groenbone, soja vleis, tamatiesmoor, seep, spaghetti in tamatiesous, sop, konfyt, sjampoe, grondboontjiebotter, sout, skottelgoedseep, bruismeel, kookolie, sojabone en waspoeier.

Daar is nie ’n sperdatum aan hierdie projekte gebonde nie; donasies kan deurlopend gegee word.

Donasies kan by die kerk, op die hoek van Mossie en Jaguar strate, Sunwardpark, afgelewer word.

Vir meer besonderhede, kontak vir Coetzee by 082 454 3413, of by bernard@sungem.org. – @IschkeBoksburg]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button