EntertainmentLifestyle

Afrikaanse rocker te sien by Live Arts Little Theatre

Die bekende Afrikaanse rocker, Jan Blohm, maak eersdaags weer sy verskyning op die verhoog in die Live Arts Little Theatre (LALT).

Op 28 Februarie kan aanhangers ’n nuwe klank te wagte wees, wanneer Blohm sy tweede akoestiese vertoning by die teater lewer.

Sy vorige vertoning was ook die eerste wat in die nuwe LALT gebou, in Bartlett, gehou is, en was uitverkoop.

Gehore kan uitsien na al sy ou bekendes, asook ’n paar nuwe akoestiese verwerkings waarmee hy tans besig is.

Die Afrikaanse Indie-groep, Rembrandt van Reijn, open die aand en sal ook van hul nuutste liedere aan die gehoor bekend stel.

– @IschkeBoksburg

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button