Die seuns is onderskeidelik 16 en 17 jaar oud.
Volgens die Boksburg-Noord SAPD se kommunikasiebeampte, Juanita Coetzer, het die skool die SAPD gekontak om een van sy leerders vir die moontlike besit van steroïde te ondersoek.
“Die leerder is glo in skooltyd gesien toe hy steroïede by ‘n winkel koop,” het sy vertel.
”Twee polisiemanne het die leerder op die skool se perseel deursoek en steroïede in sy besit gekry.”
Nog ’n leerder is na bewering uitgewys en steroïede is ook in sy besit gevind.

’n Dossier vir die besit van verbode middels is oopgemaak en word ondersoek.
Dié seuns is in die toesig van hul ouers vrygelaat.
“Die Hoërskool Dr EG Jansen is absoluut gekant teen die misbruik van enige verbode middel en sal korrek optree om dit by die skool uit te roei,” het die skoolhoof, Leon de Beer, gesê. – @IschkeBoksburg



