MunicipalNews

Metro ondersoek moontlikheid vir voetoorgang

Die Ekurhuleni Metro gaan ondersoek instel om vas te stel of Rigg Straat, in Ravenswood, ’n voetoorgang na en vanaf The Square-sentrum benodig.

Volgens Faan van den Vyver, van Huis Dien Bothma, in O’ Hare Straat (oorkant The Square), is dit altyd ’n lang gewag vir die inwoners van dié ouetehuis om oor Rigg Straat te stap, na en vanaf die inkopiesentrum.

“Motoriste jaag verskriklik in Rigg Straat, so dit is vir ons redelik gevaarlik,” het Van den Vyver gesê.

“Die inwoners stap op ’n gereelde basis na die sentrum, om goedjies te koop en hul pensioengeld te trek – dit is meer gerieflik vir hulle as om na die East Rand Mall toe te gaan.”

Volgens van den Vyver het hy van te vore die stadsraad genader in ’n poging om spoedhobbels en ’n voetoorgang in Rigg Straat te laat oprig, maar hy het geen samewerking ontvang nie.

Volgens die metro se woordvoerder, Themba Gadebe, sal daar, waar daar ’n behoefte is vir ’n nuwe voetoorgang, of waar daar nie een bestaan nie, ‘n ondersoek van stapel gestuur word voordat daar verdere aksie geneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button