Leerlinge was reeds vroeg by die skool om hul punte op Dinsdag, 6 Januarie, te ontvang.
Die Advertiser het met ’n paar van hulle onderhoude gevoer en uitgevind hoe hulle oor hul uitslae voel en wat hul planne vir die volgende jaar is.

* Melissa Coetzee: ’n Mens is seker nooit heeltemal tevrede met jou uitslae nie, maar ek is happy. Ek gaan hierdie jaar LLB-regte deur Unisa studeer.
* Jessica Saaiman: Ek is happy met my resultate; ek het erger verwag. Ek gaan equestrian swot by GHS.
* Carla Swanepoel: Ek voel baie goed oor my punte. Ek gaan Pukke toe om ‘n BSc te studeer.
* Marene van Tonder: Ek voel baie, baie goed oor my resultate, maar nie so goed oor my geografie punte nie.

* Marianke Prinsloo: Ek het vyf onderskeidings ontvang en voel baie tevrede daaroor. Ek gaan farmasie studeer by Potch.

* Herman Rossouw: Ek het sewe onderskeidings ontvang en is happy. Ek gaan BSc studeer by Tuks.
* Marinus Nel: Ek het ses onderskeidings ontvang, maar ek voel ek kon beter doen. Ek het gehoop vir sewe onderskeidings, maar ek het nie klaar gekry met my wiskunde vraestel nie.
* Chantel Wentzel: Ek voel gelukkig met my uitslae. Hierdie jaar gaan ek netbal speel vir die Puk.
* Lizelle Koen: Ek is tevrede met my resultate. Ek gaan Bloem toe hierdie jaar.
* Jeano Bezuidenhout: Ek voel awesome oor my uitslae, behalwe oor geografie – ek het gehoop vir ’n onderskeiding. Ek gaan hierdie jaar Bio-Chemie op Tuks studeer.
* Heike du Toit: Ek is in ekstase oor my baie goeie punte. Dit is die beste rapport wat ek al gekry het. Ek gaan hierdie jaar werk by Laerskool Witfield as kleuterskool onderwyseres.

* Alex Dippenaar: Ek het beter gedoen as wat ek verwag het, so dit is goed. Ek gaan hierdie jaar sound engineering studeer.
* Marno Koen: Ek het goed gedoen, maar ek voel ek kon beter. Ek gaan film studeer.
* Craig Brown: Ek het okay gedoen, dit is net my wiskunde waaroor ek nie heeltemal tevrede is nie. Ek gaan ’n appyship doen in elektries en meganies by Sasol.

Jardo Nel: Ek het gedoen soos ek verwag het ek gaan. Hierdie jaar gaan ek Potch toe en BSc Chemie studeer.
Jason Shannon: My punte is oraait. Ek gaan hierdie jaar boer.



