Editor's choiceLocal newsNews

Oorsaak van aardbewing moet gou vasgestel word, sê VF Plus

Die werklike oorsaak van die aardbewing wat sentrale dele van die land geskud het, moet behoorlik vasgestel word.

Dit is volgens die noord-wes provinsiale leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald.

“In 2005 het ’n soortgelyke aardbewing, veral Stilfontein, getref en groot skade aangerig waarin selfs ’n woonstelblok vernietig is.”

Die vraag is of die aardebewing op Dinsdag, 5 Augustus, ’n natuurlike oorsaak was en of dit as gevolg van mynbedrywighede is.

Volgens Groendewald het sekere areas strukturele skade aan geboue en huishoudelike artikels soos skilderye opgedoen en versekeringsmaatskappye is soms onwillig om eise uit te betaal, aangesien hulle soms beweer die aardbewing is weens mynaktiwiteite waardeur skade uitgesluit word.

“Dit is juis om hierdie rede dat die werklike oorsaak spoedig bepaal moet word sodat inwoners nie verder verontrief word deur die sloer van uitbetalings van versekeringsmaatskappye nie.

“Ek sal hierdie saak dadelik opneem met die betrokke minister om ’n spoedige uitslag te verseker,” sê Groenewald. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button