Editor's choiceLocal newsNews

Baba glo in hospitaal erg gebrand

Die een-maand-oue Juan Venter moet drie keer per dag fisioterapie-behandeling kry nadat hy ernstige brandwonde in die Bertha Gxowa-hospitaal in Germiston glo opgedoen het.

Hy was skaars twee dae oud toe sy linkerarm, knieë en drie toontjies, volgens sy ouers, met ’n elektriese kombers in die hospitaal gebrand is.

Sy ma, Mariaan Pienaar, vertel dat haar babaseuntjie yskoud was toe sy ’n kombers oor hom wou gooi, maar die verpleërs het dit nie toegelaat nie.

“Weens higiëniese redes, mag ek nie my eie kombers gebruik het nie,” sê Pienaar.

Die volgende oggend (Saterdag) het haar baba onder ’n silwer kombers gelê wat bedek was met nog ’n ekstra kombers.

“Toe ek dit alles oplig, het ek groot geel blase op sy knieë, drie van sy toontjies en linkerarmpie gesien.”

Pienaar het die verpleërs gevra wat gebeur het, maar niemand kon haar direk daarop antwoord nie.

“Eers sê hulle hy is so gebore, maar daar was geen wonde aan sy liggaam toe ek ’n dag na sy geboorte (Donderdag – Juan is op ’n Woensdag gebore) foto’s van hom geneem het nie.”

Sy vertel ook dat daar teen Vrydagoggend geen branwonde aan Juan se lyf was nie.

’n Ander verduideliking wat aan Pienaar vir die oorsake van die blase gegee is, is dat bloedklonte deur haar baba se bene geskiet en gebars het.

“Die derde storie wat die hospitaal aan my vertel het, is dat hy met septisemie gebore is en nou het hy ’n velsiekte.”

Juan is vir twee weke in die Bertha Gxowa-hospitaal gehou, aangesien daar gesukkel was om vir hom ’n bed met ’n ventilator in die hande te kry.

Met haar babaseuntjie se geboorte, moes Pienaar ’n noodkeiser ondergaan, omdat hy nie asem gehaal het nie. In die proses het hy vrugwater gesluk en dus ’n ventilator benodig om sy longe te spoel.

“Nêrens in Gauteng was daar ’n bed met ’n ventilator by ’n staatshospitaal beskikbaar nie,” sê Pienaar.

In die derde week (3 Julie) is Juan oorgeplaas na Chris Hani-Baragwanath-hospitaal.

“By die hospitaal is veltoetse gedoen en opgetel dat sy septisemie telling laag was.

“Hulle het ook gesê dat die wonde deur gangreen veroorsaak is.”

Pienaar vermoed dat die twee hospitale die situasie toesmeer.

Juan is op Donderdag, 10 Julie, vanuit die Chris Hani-Baragwanath Hospitaal ontslaan nadat Pienaar besluit het sy het genoeg gehad.

Pienaar het Juan direk na ’n private dokter geneem wat bevestig het dat haar baba brandwonde opgedoen het.

Sy moet hom nou weekliks na ’n private fisioterapeut neem.

Pienaar moet ook daagliks sy wonde behandel.

“Dit is verskriklik seer vir hom – hy huil ook wanneer ek sy doek omruil,” sê Pienaar.

Huidiglik gaan dit goed met Juan – sy wonde is besig om te genees.

Dit is nog onseker of hy langtermyn skade of littekens sal hê.

Pienaar gaan regstappe teen die Bertha-Gxowa Hospitaal neem.

Hoof van kommunikasie van die Department van Gesondheid, Prince Hamnca, sê die baba was op 18 Junie by die Bertha Gxowa Hospitaal deur middel van ’n keisersnee gebore.

“Die pasiënt was ondergewig teen geboorte en het gesukkel om asem te haal. Komplikasies was veroorsaak deur fetale nood. Op 19 Junie is daar na die moontlikheid gekyk om die baba na Chris Hani Baragwanath vir verdere behandeling oor te plaas.

“Die baba is op behandeling geplaas en op 20 Junie was dit gevind hy sterk goed aan. ’n Afspraak is gemaak met ’n pediater dermaoloog by Chris Hani Baragwanath Hospitaal en die pasient was op 3 Julie oorgeplaas.

“Ons mag egter nie meer inligting oor sy mediese geskiedenis bekend maak nie,” sê Hamnca. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

4 Comments

  1. That is what happens when you have uneducated barbarians doing the job, it is sad to see that someone could be capable of harming a helpless person like that, it seems people are put in positions just because of equity and not because they are capable of doing the job, I would like to hear what the minister of healt would say about this

  2. That is what happens when you have uneducated barbarians doing the job, it is sad to see that someone could be capable of harming a helpless person like that, it seems people are put in positions just because of equity and not because they are capable of doing the job, I would like to hear what the minister of healt would say about this, then again they would laugh at the situation.

  3. Dis hartseer om te hoor wat deesdae in di hospitale gebeur. Mense word aangestel volgends ras & kleur & in di tussen tyd gee hulle nie ‘n flenter om nie. Om te verpleeg is deesdae net nog ‘n werk, dis nie meer ‘n “roeping” soos vroeër jare nie. Ek hoop hierdie ma vat hulle na di cleaners toe.

Back to top button