MunicipalNews

Waterpyp uiteindelik na ’n maand herstel

Die gebarste waterpyp op die hoek van Vyfde Straat en Span Laan in Boksburg Noord is uiteindelik na ’n maand herstel.

Boksburg inwoner, Rosie Bouwer, het die gebarste waterpyp reeds op 6 Junie aan die metro gerapporteer.

Blykbaar was die kontrakteurs op 15 Junie op die perseel en het ’n groot gat gegrawe om by die pyp uit te kom.

Volgens Bouwer het die kontrakteurs die gat net so gelos, sonder om die waterpyp te vervang of te herstel.

Daar word verneem dat water vir die afgelope maand in die straat af gevloei het.

Volgens die Ekurhuleni metro waarnemende woordvoerder, Themba Gadebe, was die kontrakteurs op 7 Julie na die perseel ontbied om die nodige herstelwerk te doen. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button