Community AnnouncementsLocal newsNews

Sarie klub vier 43ste verjaarsdag

Die Sarie Klub dames het ’n oggend van kaberet geniet ter ere van die klub se 43ste verjaarsdag op Saterdagoggend, 24 Mei, by Summer Place.

Afrikaanse vervaardiger, skrywer, rolprentresensent en radio omroeper, Leon van Nierop was die gasspreker.

Van Nierop het die dames teruggeneem na die dae waar sy loopbaan in die Afrikaanse filmbedryf begin het en verskeie staaltjies van toeka tot nou meegedeel.

Gaskunstenaars, Gerrit van Wyk en Jan Coetzer, ook bekend as ‘Just the two of us’, het die dames met ’n bietjie kabaret vermaak.

Op die trekklavier het van Wyk die dames ook meegevoer na lande soos Duitsland, Rusland, Frankryk en Las Vegas met komposisies eie aan daardie spesifieke land.

Tussendeur al die opwinding, was ’n heerlike ontbyt aan die dames voorsien.

As ’n simboliek van die klub se verjaarsdagvieringe, was daar ’n gelukkige trekking wat vir ’n aantal dames die voorreg besorg het om nie leë hande huistoe te gaan nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button