MunicipalNews

Metro vul blykbaar nie gevaarlike gat in pad nie

’n Besorgde inwoner van Charl Cilliers Straat in Boksburg Noord, het die Advertiser gekontak oor die metrowerkers se onvermoë om ’n groot gat in die pad op te vul nadat hulle ’n ondergrondse waterpyp herstel het.

Die waterpyp het ongeveer drie weke gelede gebars, en water het vanuit onder die teer gestroom en in die straat afgeloop.

Gedurende die week van 14 April, het die metro werkers ’n gat opgegrawe en al die oortollige water uitgepomp.

Volgens die inwoner het die werkers egter nie die gat opgevul nie, maar dit slegs beveilig deur dit af te baken met rooi lint wat mettertyd beskadig is.

Blykbaar lê die ou teer ook nog langs die pad.

Die inwoner beweer dat hul elektrisiteitsrekening sedert die waterpyp gebars het, geweldig gestyg het.

“Ons rekening was bykans R4 000, en ons is net twee mense wat in die huis bly. Ek werk baie spaarsamig en betaal feitlik nooit vir water nie,” vertel die inwoner.

Volgens die metro waarnemende woordvoerder, Themba Gadebe, sal die opgrawing onmiddellik opgevul word.

“Dit kon nie oor die lang naweek gedoen word nie, aangesien daar net ’n span op bystand was vir noodgevalle.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button