MunicipalNews

Metro weier om skuld to erken

Op besoek by die Ekurhuleni-metroraad kantore in Februarie, het ’n plaaslike inwoner van Windmill Park die amptenare bewus gemaak van reusagtige slaggate in hierdie woongebied.

Die slaggate waarvan Daisy van der Merwe spesifiek onder hulle aandag wou bring, is onder andere in Hazelwood (naby die spoorlyn) en East Central Weg (naby die stopstraat by Rondebult Weg), sowel as in uitbreiding agt van Windmill Park.

Nadat van der Merwe verskeie oproepe aan die Ekurhuleni metro gamaak het, is daar aan haar belowe dat dit 3 Maart reggemaak sal word.

Volgens haar het die duidelik nie gebeur nie, nadat haar man, Hannes, sy motor se twee splinternuwe bande beskadig het toe hy een van dié slaggate getref het.

Hy het op East Central weg gery.

“Die pad is donker, want daar is geen ligte. Daar is ook geen tekens wat potholes aandui nie. Ek kon nie aan Hannes verduidelik waar die slaggate is nie, want ek was nie saam hom nie. Ek was kwaad, want ek het die metro van die slaggate laat weet,” sê Daisy.

Daisy en Hannes het besluit om die skade van bykans R8 000 deur die metro se assuransie te eis, aangesien hulle voel dit die metro se verantwoordelikheid is en aangesien die metro beweer het dat die slaggate reeds op 3 Maart reggemaak sou word.

“Ons het ’n verklaring by die polisie afgelê en alle nodige dokumente by die Ekurhuleni-versekeringsdepartement ingedien wat aantoon dat die metro aanspreeklik gehou kan word vir die skade aangerig,” sê Daisy.

“Ons moeite was egter tevergeefs, want ons eis was verwerp.”

Die dokument het wel gestipuleer dat hulle met die nodige bewyse, weer appèl kan aanteken.

“My selfoonrekening wat aandui dat ek met die nodige mense by die metro gepraat het oor die slaggat, was nie eers genoeg nie,” vertel Daisy.

Volgens Daisy, het ‘n die ingenieur van die metro die dag ná haar man se ongeluk op 17 Maart, saam met haar gegaan om te bevestig dat die slaggate in East Central weg wel bestaan en om sodoende ’n verslag vir die assuransie te skryf.

Nogsteeds was alles tevergeefs.

“Eweskielik het die metro laat weet na my klag dat hulle niks van die slaggate geweet het nie, ten spyte van al die telefoniese gesprekke wat ek met hulle opgeneem het.

“Volgens een van die metro amptenare is die slaggate in East Central Weg reeds op 10 Maart reggemaak en diè in Hazelwood Weg op 14 Maart.

“Dit is ontmoontlik omdat ons almal weet dit het in die tyd van 10 Maart vir twee weke in Boksburg gereën het, so hoe kon hulle dit in die eerste plek regmaak?”

Daisy staan vas dat die spesifieke slaggate in Hazelwood Weg nie reggemaak was nie.

“Vir tyd en wyl is daar is net bakstene ingegooi, so nou is die pad ongelyk. Lae karre moet aan die verkeerde kant van die pad ry, want hulle kan nie daar ry nie.

Teen 2 April was die slaggate nogsteeds nie reggemaak nie.

“Dis wat hulle vir ons mense in Windmill Park gee, en ek stem nie daarmee saam nie. Ons is taxpayers en betaal jaarliks ons karre se lisensies. Die paaie behoort reggemaak te word.”

Daisy beweer dat een van die amptenare, wat nou ontken dat hy geweet het van die slaggate, wil nie die waarheid vertel omdat hy bang is hy gaan sy werk verloor.

Tans sit hulle steeds sonder ’n motor en albei is raadop.

Die Advertiser het teen die tyd van publikasie, nog nie terugvoer vanaf die metro ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button