MunicipalNews

Metro reageer nie op inwoners se navrae

Boksburg inwoners is raadop oor die swak dienslewering van die metro.

Andries Gelderblom het die metro gekontak omtrent ’n enorme mangat in Edward Weg, asook oor ’n waterbreek in Pitout Weg, maar hulle het nie op sy navrae gereageer nie.

Albei is in Witfield, naby die Witfield dam.

Gerderblom beweer iemand het al ’n boomstomp in die mangat gesit sodat voertuie nie daar ry nie.

Hy sê ook dat ’n inwoner swart sakke in die gat waarvan die waterpyp gebreek het, geplaas het.

“Die Stadsraad kom sny die gras en ry swart sakke op ’n gereelde basis weg, maar die mangat en waterbreek word nie raakgesien nie en ook nie geraporteer nie. Of dit word geraporteer en niemand doen enigsins om dit te herstel nie,” sê Gelderblom.

Die Advertiser het geen terugvoer van die metro ontvang teen die tyd van publikasie nie.

’n Waterpyp wat in Pitout Weg, Witfield, gebreek het, se gat is met swart sakke gevul.
’n Waterpyp wat in Pitout Weg, Witfield, gebreek het, se gat is met swart sakke gevul.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button