Local newsNews

DBV beplan opvoedkundige projek

Die Boksburg DBV beplan om ’n opvoedkundige projek van stapel te stuur wat die gemeenskap sal bewus maak van die korrekte prosedures om na hul diere om te sien.

Die DBV wil pamflette in, onder andere, skole en nedersettings uitdeel met die nodige inligting daarop wat diere-eienaars sal help om hul diere se belange op die hart te dra.

Om hierdie projek tot die beste van hul vermoë van stapel te stuur, rig die DBV ’n vriendelike versoek aan enige persoon of maatskappy wat bereid is om die pamflette te borg, te kontak.

Die DBV bestuurder, Wilma Steynbergh, kan op 072 288 8181 geskakel word.

Sodra die DBV ’n borgskap vir die pamflette gekry het, sal verdere reëlings getref word om die projek te behartig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button