MunicipalNews

Gebreekte stormwaterpyp lei tot chaos

’n Inwoner van Morganridge, Tom Slabbert, het sy bekommernis meegedeel rakende ’n gevaarlike slaggat op die hoek van Tim Straat en Zandra Weg.

Inwoners van die omgewing het al ’n boom in die gat geplant om motoriste teen die gat te waarsku, maar tans is dit net ’n droë tak in die gat.

Bou rommel is ook in die gat gegooi.

Volgens Slabbert, is die gat minstens 1m diep.

“By verdere ondersoek blyk dit dat daar ’n tonnel is wat besig is om onder die teer te ontwikkel, wat sal veroorsaak dat ’n groter gedeelte mag inval, en groot skade aan voertuie kan veroorsaak.”

Volgens Ekurhuleni metro woordvoerder, Lebogang Ramashala, sal die metro die gebreekte stormwaterpyp herstel.

Die metro sal waarskynlik voor Vrydag, Maart 21, klaar wees met die opvul van die gat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. I live in Zandra Ave in Morgan Ridge and the Pothole at the corner of Zandra and Tim, to date has not been filled/repaired!! This despite being advised that this would be repaired by 21 March. As of today 2 April 2014, no effort has been made to repair this hole, let alone corner or tape off the hazard to both motorists and pedestrians!

Back to top button